D.I.Y ................ Verkort / Verlenging van stelsel | Installasie | Uithaal | Sool vervanging

..................Kontak ons nou! 083 287 2026 .. 083 287 2026 .. 083 287 2026

Sool vervanging:

Forskopsole:
Dit is nie nodig om die stelsel uit te haal nie.  Maak die ketting, vere en
oogmoer  los en haal forskoppypie uit.  Trek die slag na bo en hou vas
met ‘n “vice-grip”.  Draai nou die stang van die forskop los.  Sit nuwe
sole in en “flare” oop.  Maak seker dat sole na onder wys en bussies
binne pas.  Wanneer vasdraai, sluit eers teen “crimp” trek bussies en
sole af en sluit dan moere bo.  Sole moet nog met hand gedraai kan word
nadat moere gesluit is.  Sit pypie en oogmoer terug en stel slag weer in.

Silindersool:  Haal die stelsel uit.  Draai die boonste koppelstuk op die
silinder los en trek die stang bo uit.  Onthou dat die o’rings teruggesit
moet word anders lek die silinder.  Draai nou die moer en “springwasher”
los en haal die “piston” uit.  Vervang die sool (moet boontoe wys). 
Maak seker dat gaatjies van die klep, sool en “piston” oormekaar pas. 
Draai springwasher en moer terug en draai behoorlik vas.  Indien kleppe
uitgeval het, maak seker dat dit regom teruggesit word.  Sonder gate – bo,
met gate – onder en geskuurde kante na mekaar.


  TUIS ..|.. PRODUKTE ..|.. D.I.Y ..|.. KONTAK ..|.. ENGLISH Design by WebworxX.co.za